Thursday, April 2, 2009

Dag 5: Bultfontein na Bloemfontein


Vandag se skof was 'n rustige 110km van Bultfontein na Bloemfontein. Letitia het besluit om saam te kom ry vir die dag, (nadat sy die vorige week die epic klaargemaak het). Die pad uit Bultfontein was maar vervelig, maar die wind was van agter en die fietsryers het 'n goeie gemiddeld opgesit. Party ouens was maar mooi negatief toe hulle hoor hulle moet 10km teen die wind terug ry oor ons 'n afdraai gemis het! Die groep se moraal was darem bietjie gelig toe hulle hoor dit was 'n April Fools joke (die bakkie bestuurders raak ook maar verveeld!)

Na middagete wou almal net in Bloem kom. Nadat ons 'n paar draaie deur die dorp gery het opsoek na die regte pad, het Wessel se ma se worsbroodjies op ons gewag by Sonnedou. Die groep het nogal gegroei met almal wat laat aangesluit het en ons wag toe nog net vir Calitz en Oupa wat by Brandfort se herberg vassit!
Nadat ons bietjie gaan shop het in bloem was daar bietjie gewerk aan die fietse, en almal kon nou darem weer ry (dankie Hilgard!)

Nadat Marjolein se serriegroep vir ons gesing het, was dit tyd vir die tweede kontiki van die toer. Die strawwe het geloop en daarna het almal bietjie gaan kuier. Die manne was amper betrokke in 'n klein geskil met die locals, maar dis gelukkig vermy met die regte hoeveelheid pepper spray, en so bietjie melk vir die seer ogies.

No comments:

Post a Comment