Tuesday, March 31, 2009

DAG 4: Bothaville na Bultfontein



Vandag is die Vrystaat nou werklik hier, en ons kon vanoggend al amper die eindpunt sien in hierdie berglose wereld.


Met 'n bobaas ontbyt (dankie aan die kosspan) het die manne 'n later wegspring tyd waardeer na gisteraand se manewales... dit het egter nie die eerste skof se dromspan gekeer om 65km/h gemiddeld te handhaaf nie - of so beweer Adrio se polar?!?!

Soos wat die ou-hande weet kry mens net partykeer een van daai dae wat ALMAL papwiele kry, en vandag was inderdaad een van daai. Die tegniese span in die landy was op hul stukke en AK was soos oudergewoonte altyd byderhand.



Die halfpad stop anderkant Wesselsbron het die arme waatlemoen verkoopsman heeltemal verbouereerd gehad, maar die kos was weereens uit die boonste rakke!!



Die 2de skof het gesien dat twee van die 'leiers' van die toer hul tyd agter in die landy se 'kantoor' spandeer het om dieper dinge van die lewe en die toer uit te sorteer.






Al was dit 'n snikhete warm dag, het die dam 20km voor Bultfontein net te 'dodgy' gelyk om aan te durf, maar die blaaskans het almal (behalwe Adriaan 'assistent kospa' du Plessis) baie goed gedoen...



DAG 3: Parys na Bothaville: 120km

Die eerste regte Vrystaat pad van die toer was maar lank... en plat!! Die DJ's het weer gesorg vir vermaaklike ontspanning tussendeur die hitte van die dag!! Totdat die musiek-bakkie besluit het om 'n noodstop te doen vir geen opmerkende rede nie?!?! Gelukkig het "the bush" net net voor die teer omgedraai...


Die magtige Vaal het baie lekker gelyk, maar teen amper 30km/h gemiddeld het die manne nie gelyk of hul gaan stop nie!? Weereens het die kosspan hulself oortref met die middagete se kwaliteit en kwantiteit, en dit was maar moeilik om die drom weer op die pad te kry!! Met 'n naartjie of twee en 'n paar van PVM se prototipe 'bars' was dit gou weer tyd om te laat lees:-)




Viljoenskroon se afdraai het gekom en gegaan, maar tog het die pas hoog gebly... en toe ons ons oe uitvee was Bothaville se Spur al sigbaar. Met herstelwerk hier en daar aan 'n paar van die karre (en NIE die landy NIE) was die middag maar rustig verder..


Die eerste kontiki van die toer het 'n paar goeie strawwe opgelewer (meeste vir die noodstop-span) en die kuier het na 3 harde dae goed geloop! Die manne (meeste van hul) het hulself goed gehandhaaf en die aand het maar met sy standaard aantal 'voorvalle' voortgeduur!!













Met 'n 130km skof wat voor ons le raak die toer verseker nie makliker nie, maar hoe nader aan KKNK ons kom, hoe beter raak die toer...


laat die speke sing

Sunday, March 29, 2009

DAG 2: Delmas na Parys




185km en 10ure later is die langste skof van die 2009 drommedaris agter die rug.

Die manne het staal gewys tenspyte van 'n val veroorsaak deur ons dag 1 D-man Louis. Die val was darem nie te ernstig nie. (sien foto)

Die dag het baie meganiese probleme opgelewer met 'n stukkende as en 'n hele klomp pap wiele.

Ons het 7:30 vanuit uit Delmas vertrek. 'n Baie moeg Willie het dadelik die voortou geneem en 'n steweige pas aangegee wat eintlik so reg was soos baba beertjie se pap: almal kon net-net by bly.


Ons was gereeld verstom deur die prag van ons land. Lood het oorgeneem by Ivan vir die dag as DJ spanspek en het gesorg vir baie vermaak.




Met ons aankoms in Parys het die verkeers polisie ons begelei met 2 voertuie met hul igte aan. Dit het die uitgemergelde span baie trots gemaak op hul dag se werk. Terwyl DJ Spanspek die mense aangemoedighed om geld te skenk vir die fonds. More is dit Bothaville se beurt!

Saturday, March 28, 2009

DAG 1: Pretoria na Delmas

Die 80km het vinniger verby gegaan as wat mens sou verwag.

Die dag is op gepasde wyse begin om 7:30 by Sonop. MK Kampus was daar om alles af te neem. Daarna is ons onder begeleiding van twee motorfietse (dankie oom Andre en Oom Leon) deur die besige pretoria strate begelei.

Die twee opdraandes in Genl Louis Botha was die moeilikstes van die dag en het 'n paar van die manne onverwags gevang.
Die span is deurentyd deur Ivan se "skerp" humor en musiek gemotiveer. Almal se linkerbene en arms is gaar gebrand. Danksy die kosspan is almal gelukkig....
Die verblyf in Delmas was great en van die ouens het nog kans gesien om te gaan rugby speel vir die dorp se 2de span teen Vereniging. Die res van die manne het maar rustig verkeer.


Teen die aand het Annas en Frikkie die Fietse begin diens. Daar was 'n paar tegniese probleme: 3 papwiele en 'n traphefboom wat gebreek het.
Lood het begin werk aan 'n Ou tradisie. D-vir-die-dag. Aan die einde van elke dag word een persoon gekies om die D-helm te dra. Louis Hugo was die eerste D-vir-die-dag omrede hy aanhoudend gesmeek het dat Konrad Munnik hom by die opdraandes moet opstoot...
More is 'n groot dag en 'n 185km wag op ons.
Ons skryf more weer!

sonop na kknk

in 1966 het Sonop Christelike Tehus ('n koshuis aan UP) besluit om met fietse te ry vanaf pretoria na destydse rhodesia om 'n drom petrol aan hul te oorhandig as bewys van goedgunstigde gevoel in verband met die sanksies van daai dae...

dit is nou 2009 en die keer ry ons van pretoria na oudtshoorn om geld in te samel vir just footprints foundation wat na kinders omsien wat ly aan lewensbedreigende siektes...

die toer is van 28 maart tot 8 april en dek 'n totale afstand van 1400km....op fietse!!!