Tuesday, April 7, 2009

DAG 11: Aberdeen na Willowmore


Die 8uur beplande wegspringtyd was weereens oorskry (maar jul verwag dit almal seker al teen hierdie tyd) en dit maak 'n lang dag soos hierdie net daai bietjie nog langer...in kom Corniel, Blommie en Jef toe, en met 'n gemiddeld spoed van 30km/h het hul vinnig die verlore tyd ingehaal, en ook sommer van die ervare fietsryers in die moeilikhied gehad met die hoƫ spoed.

By die eerste stop was dit duidelik sigbaar dat sommige van die manne nie die pas sal kan volhou vir nog 30km nie, maar nietemin het die drom span niemand 'n ruskans gegun nie. Villiers het koper gewys deur vas te klou aan die voorste manne, en die respek van 'n hele paar manne so gewen!!


Die swart polo het vir ons die middagete plek aangewys...'n regte karoo windpomp langs 'n stokou sement dammetjie met sommer 'n dik laag slik aan die onderkant. As gevolg van die spoed van die groep was die middagtete nog oppad, maar toe die eventueel opdaag is dit met 'n gejuig deur die rasende fietsryers gegroet.

Skof twee het sonder groot drama verloop - Rooiwillie se skoenveters het om sy trappe gekoek, maar was vinnig weer op die pad te danke aan die flink en effektiewe optrede van die ondersteuningsvoertuig.






Arnie het op die afdraende van die dag dit amper op die grond verloor...skoenmaker hou jou by jou lees:-) later verneem ons toe dat in die 'oomblik' het hy sy skouer ontwrig!! Eina!!






Die royal hotel het gesorg vir die fasiliteite en die kosspan het vir ons worsrolletjies voorsien en ons laaste vergadering het ons om 'n smeulende hardekoolvuur gehou...hoe dan nou anders;-)

No comments:

Post a Comment